Die Hugenote Kollege in Wellington, Suid-Afrika, is die akademiese tuiste van gemeenskaps-
en ontwikkelingsgerigte diensberoepe soos Maatskaplike Werk, Gemeenskapsontwikkeling en Spelterapie.
Die Kollege, wat in 1951 geopen is, bied graad en sertifikaatkursusse aan
onder leiding van bekwame akademiese personeel. Sterk klem op navorsing en
gemeenskapsdiens, met behoud van ’n Christelike karakter,
vorm deel van die Kollege se aanbod.