Tuis

GEBRUIKSVOORWAARDES

Welkom by Hugenote Kollege se webwerf. Let daarop dat die voorwaardes hieronder die gebruik van hierdie webwerf bepaal en dat u daartoe verbind is wanneer u hierdie webwerf gebruik.

Instemming met gebruiksvoorwaardes

Die gebruik van hierdie webwerf is op u eie risiko. U gebruik van hierdie webwerf sal te alle tye onderworpe wees aan hierdie gebruiksvoorwaardes, soos van tyd tot tyd gewysig. Sorg asseblief dat u vertroud is met hierdie gebruiksvoorwaardes voordat u die webwerf gebruik. Wanneer u die webwerf gebruik word aanvaar dat u instem tot al die gebruiksvoorwaardes wat dan bindend is op u.

Akkuraatheid van inligting

Hoewel ons daarna streef om te verseker dat die inligting op hierdie webwerf akkuraat en volledig is, bied ons geen waarborge oor die akkuraatheid, betroubaarheid, volledigheid of tydigheid van inligting wat op hierdie webwerf gepubliseer is nie.

Doel van inligting

Die inligting op hierdie webwerf is slegs vir algemene inligtingsdoeleindes en is nie bedoel om as enige soort advies te dien nie.

Eise verlies, besering en skade

Ons doen afstand tot die maksimum mate moontlik kragtens toepaslike wetgewing van enige eis, verlies, besering of skade voortspruitend uit of in verband met die gebruik van inligting en/of goedere en/of dienste beskikbaar op of deur hierdie webwerf, ongeag of dit regstreeks of onregstreeks is, insluitend, sonder enige beperking, enige aanspreeklikheid ten opsigte van enige verlies van gebruik, onderbreking van besigheid, verlore winste of verlore data, of toevallige, spesiale of voortvloeiende skade van enige aard.

U onderneem om ons te vrywaar van enige eis, verlies, skade of besering van watter aard ook al voortspruitend uit of in verband met u gebruik en/of publikasie van inligting op hierdie webwerf en/of die aankope of gebruik van goedere en/of dienste beskikbaar op of deur hierdie webwerf.

Privaatheid van persoonlike inligting

Persoonlike inligting wat deur hierdie webwerf aan ons gestuur word sal as vertroulik gehanteer word en sal nie sonder u toestemming aan 'n derde party geopenbaar word nie.

Regte op intellektuele eiendom

Hierdie webwerf en die inhoud daarvan is die eiendom van Hugenote Kollege. Dit mag nie op enige wyse gebruik word sonder om vooraf skriftelike toestemming van Hugenote Kollege te verkry nie.

Skakels na hierdie webwerf

U mag geen skakels na hierdie webwerf op enige derde-party webwerf plaas sonder om vooraf skriftelike toestemming van die Departement Kommunikasie en Bemarking van Hugenote Kollege te verkry nie.